GEORGE NUUS - Henrica Veldman van Pacaltsdorp het verlede maand haar BA-graad in kommunikasie cum laude aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) verwerf.
Henrica, wat voorheen as verslaggewer by die George Herald gewerk het, het verlede week weer na die universiteit teruggekeer vir 'n seremonie waar die topstudente vir 2018 aan die Fakulteit vir Kuns vereer is.
Dit is die tweede keer dat Henrica, wat tydens haar studiejare buitengewone akademiese prestasie volgehou het, die dekaan merietelys haal.
Henrica Veldman by die seremonie verlede week vir die topstudente vir 2018 saam met haar vriendin, Sakeenah Dramat van Kaapstad.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'