GEORGE NUUS - Clivias is lank nie meer net oranje blomme nie - hierdie geharde, inheemse skaduplant, met sy lae water behoefte, neem baie vinnig toe in gewildheid. Anders as wat baie mense dink, kom dit ook nie meer net in oranje, en af en toe met geel blomme voor nie, maar in verskeie variasies van kleure, style asook blaar tipes.
Daar is ook verskeie aktiewe cliviaklubs in Suid-Afrika, en ook internasionaal. Hier in ons omgewing is dit die Tuinroete-cliviaklub.
Die plaaslike klub bied jaarliks in die blomseisoen, twee cliviaskoue in George en 'n cliviauitstalling in Mosselbaai aan. Daar is ook klubbyeenkomste waar daar lekker oor clivias gesels word, kennis gedeel, plante opgeveil en 'n leersame praatjie deur 'n kenner gelewer word.
Die volgende klubbyeenkoms is Saterdag 16 Junie. Nuwe lede kry dan ook by die geleentheid 'n geel clivia gratis as verwelkomings geskenk.
Kontak gerus die voorsitter Carrie Kruger by utopia@mweb.co.za of die sekretaris adv. Rocco Kriel by krielra@telkomsa.net.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'