GEORGE NUUS - George Preprimêr het Maandag 17 Februarie op die regte noot begin deur 20 spekbome te plant.
Die wêreld is aan die gons oor die waarde van spekbome - nie net as 'n spons wat koolstofdioksied opsuig nie, maar ook as 'n voedsame gunsteling vir mens en dier.
Die personeel van George Preprimêr het besluit om die spekboombeweging te ondersteun deur eerstens op die skoolterrein spekbome te plant en tweedens 'n bewusmakingsveldtog onder die leerders asook ander skole te loods.
Die personeel beplan om voor die einde van die jaar ten minste 200 spekbome te plant.
Hulle het die personeel van Klouterwoud uitgedaag om ook spekbome te plant.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'