GEORGE NUUS - En die anties dans! Dit is presies wat onlangs by Tuiniqua gebeur het toe Tokkie Nel en Freek Muller die inwoners weer kom vergas het met heerlike musiek en sang.
Daar was darem ook 'n hele klompie "ooms" wat meegedoen het aan die prettighede.
Koldanse, gelukkige nommers, sjokolade en koeldrank - alles geskenk deur Tokkie en Freek en anonieme donateurs - het die aand nog verder opgevrolik.
Al was die lywe maar styf en seer die volgende dag, het die inwoners gewys dat dans nie net vir jonges beskore is nie en word daar reeds uitgesien na die volgende sokkie.
Die inwoners is groot dank en waardering verskuldig aan Tokkie en Freek wat hierdie liefdesgebaar gratis doen.
Daar is heelhartig meegedoen.
Wolfie en Sandra Wolvaardt kap dit uit.
'n Ruskansie is ook nodig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'