GEORGE NUUS - Die Oumotorklub hou op Saterdag 19 Mei 'n Oupa- en Kleinseundag by die tolhuis in die Montagupas.
Verrigtinge begin om 10:00.
Daar sal getoets word wie bak die lekkerste stokbrood. Oupas en kleinseuns is welkom. Ou motors gaan ook op besigtiging wees.
Die Vriende van die Tolhuis sal lekker pannekoek en koffie verkoop.
Kontak Manie Smith by 072 566 5033 vir inligting oor die stokbroodbraai en ou motors.
Die tolhuis is op soek na ‘n laebedsleepwa sodat 'n ou perdekar wat deel geword het van die tolhuis, gereeld daar vertoon kan word.
Enige skenkings is welkom.
Bel Gerda Stols by 083 772 8252 in verband daarmee.
Die perdekar wat onlangs deel van die tolhuis geword het. ‘n Sleepwa word benodig om dit te sleep.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'