GEORGE NEWS - On this coming Sunday, 14 May, we get a chance to sing the praises of our moms.
Hopefully, many mothers will feel appreciated, loved and a little bit spoiled by their offspring and partners.
Here is what George Herald staff say about their queen of hearts:
Esté Smit, digitale junior koördineerder by George Herald: 'n Ma is 'n mentor, vriendin en iemand wat daar vir jou is vir die res van jou lewe. Wat my ma besonders maak, is dat sy baie opgeoffer het vir ons. Sy het seker gemaak dat ons met goeie waardes die lewe ingaan.
Sy het ons geleer om standvastig te wees en om met deursettingsvermoë die lewe aan te durf. Sy het ons geleer om met vernuf te hekel, klere te maak en die lekkerste kos. Maar niks kom by haar en ouma se sjokoladekoek nie.
Daarom is ons ma so besonders juis omdat sy ons geleer het om alles met liefde en vreugde aan te pak.
Kristy Kolberg, joernalis by George Herald: My ma het ons van kleins af geleer dat die lewe nie altyd maklik of lekker is nie en dat wanneer jy val, jy moet opstaan, jouself afstof en aangaan.
Sy het sterk, onverskrokke en selfstandige kinders grootgemaak. Elkeen met sy eie identiteit en 'n tikkie van haar kreatiwiteit en sin van humor. Ons is dankbaar om haar nog by ons te hê.
Emsie Martin, subredakteur by George Herald: "Woorde is te min om my moedertjie, Nancy Pretorius (83), te beskryf. Sy is 'n spesiale geskenk uit die Here se hand. Niks is ooit vir haar moeite nie.
Sy sien altyd net die beste in almal raak, 'n toonbeeld van onvoorwaardelike liefde, geduld en omgee. Sy het my baie dinge geleer en ook om dinge wat jy aanpak, klaar te maak.
Geseënd en dankbaar om haar nog met ons te hê!
Udy Obi talks about his love for his mother, Dr Uloma Obi: "They say that mothers are one's first true love. For me, my mother is the greatest gift I have ever received. Her compassion, kindness and perseverance has inspired me for so many years, and I strive to make her proud by spreading the same message of love to everyone I meet. I'm eternally grateful to God for keeping her with us this far - looking forward to all the years to come."
This lovely photo of Dot Symons and her three children, Joel, Danni and Luke was taken years ago, when they were still pipsqueaks:
"I am blessed out of my socks and my heart is full because I am a mother!!"
Sonia Fry waardeer haar ma, Hester Solomons: "Dankie vir die wyse advies, dankie dat jy altyd daar is as ek jou nodig kry en dankie vir jou helpende hand. Lief jou, Sonia."
Lucinda Eksteen and her mother, Babara Eksteen: "My mother is a beautiful selfless woman, who loves & cares for her children, husband & family unconditionally. Happy Mother's Day Mommy - We love you."
Sheryldene Tarentaal noem haar ma, Nellie Kleinhans, haar baken van hoop: "Ma is 'n sierraad wat ons lewens versier met jou sagte mamma instink. Ons held in nood en 'n bobaas sjef. 'n Gasvrou soos min en altyd vol liefde."
Marita Nefdt (tweede van links) is geliefd deur haar gesin: "My ma is ons rolmodel. Sy sal altyd ander mense bo haarself stel. Sy leer ons wat ware liefde is. Ons is so bevoorreg om haar in ons lewe te hê."
Adelina Coleman en haar moeksie Martina le Roux spandeer graag tyd saam.
"My moeder is kosbaar. Sy is altyd bereid om te help, leer my bitter baie in die kombuis. Bok vir sports en niemand, maar niemand kan so skoonmaak, werk in die tuin en lekker lag soos Martina nie. Sy is n sucker vir n lekker storieboek en 'n lekker soet dingetjie. Mal oor my ma en love haar met alles wat ons het. Gelukkige Moedersdag!"
Shaldene Hannies is innig dankbaar vir haar ma, Hester Twigg: "Ek kan nie vir beter gevra het nie. My moeder het by my gestaan toe die pad duister was, sy het nooit moed opgegee nie. Dankie Mamma, vir die vrou wat ek vandag is. Mamma is 'n ma 1 000!"
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’