GEORGE NUUS - Ná 39 jaar in die onderwys en 12 jaar as skoolhoof by Carpe Diem is dit tyd vir Karools Hauptfleisch om die 350 vriendelike kindergesiggies te groet.
Hy sê die leerders, die personeel, die ouers en die ondersteuning wat hulle deur die jare gebied het, is vir hom baie spesiaal en almal het diep in sy hart gekruip.
"Ek sal altyd die kinders se glimlagte onthou. Die klein goedjies wat vir hulle so belangrik is en die vreugde wat almal kry wanneer hulle suksesvol is, is iets wat ek nooit sal vergeet nie," sê hy.
Nou gaan hy rus. "Dit was lekker, maar nou gaan ek visvang, gholf speel en net rustig wees."
Hauptfleisch saam met Carpe Diem-leerders, Francois Stassen (links), Ntando Mrawuli en 'n jonger maatjie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'