GEORGE NUUS - Die Tuinroete-cliviaklub het weer 'n besige jaarprogram.
"Die klub het twee byeenkomste vanjaar waar daar lekker oor clivias gesels word, plante opgeveil en gewoonlik ook 'n paar plante gewen kan word deur middel van gelukstrekkings," sê 'n entoesiastiese voorsitter, Carrie Kruger.
By elkeen van die byeenkomste word 'n kenner op sy gebied gekry wat 'n sekere onderwerp rakende clivias bespreek. "Hierdie geleenthede is 'n goeie manier om deel te word van die plaaslike clivia-gemeenskap."
Beide byeenkomste word in George aangebied, onderskeidelik op Saterdag 25 April en Saterdag 20 Junie.
Die klub bied vanjaar ook drie skoue aan waar van die beste blomme in die land vertoon word. Daar is altyd plante hier te koop.
Die skoue sal soos volg plaasvind:
- Saterdag 8 Augustus: Interspesieskou - gewoonlik 'n oggendbyeenkoms.
- Saterdag en Sondag, 26 en 27 September: Die Miniata-skou, wat tradisioneel die grootste skou is met 'n groot verskeidenheid pragtige plante. Plante sal ook hier te koop wees.
- Saterdag 3 Oktober: Skou in Mosselbaai waar plante ook te koop sal wees.
Vir meer inligting rakende tye, lidmaatskap, asook plekke waar die byeenkomste plaasvind, besoek die klub se webwerf of hul Facebook-blad, Garden Route Clivia Club.
Inligting kan ook verkry word van Carrie Kruger by 083 343 1288 of Randolph Young by 072 768 5688.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'