GEORGE NUUS - Vyf generasies vroue tussen die ouderdomme van 96 jaar en net 8 maande het onlangs in George saam gekuier.
Die jongste dame, klein Lexi de Kock, was natuurlik die middelpunt van al die aandag en het al die kollig gesteel.
By klein Lexi de Kock (8 maande) is, van links: Eloïse de Kock (30, Lexi se ma), Jeanine du Preez (51, ouma), Nannie Joubert (96, groot oumagrootjie) en Elsie Meyer (78, oumagrootjie). Eloïse en Lexi het van Nieu-Seeland af gekom om die drie oumas, wat almal in George woon, te besoek. Eloïse en haar man Francois de Kock is voormalige Georgiete en woon die afgelope vyf jaar in Nieu-Seeland.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'