GEORGE NUUS - Die oud-Springbok, Zane Kirchner, is die SWD Arende se nuwe afrigter. Dit is deur Ben Brinkhuis, president van SWD-rugby, bevestig.
Kirchner kom in die plek van Anton Moolman wat 'n ander betrekking in Stellenbosch aanvaar het. Moolman is nog tot Saterdag by die span.
So word verseker dat daar kontinuïteit is en die oorgang goed verloop. Kirchner het Maandagmiddag reeds die spelers deur hul passies gesit.
Kirchner het sterk bande met George en het destyds sy skoolloopbaan hier voltooi. Hy het twee jaar gelede hulpafrigter met die verantwoordelikheid van agterspelers geword.
Hy behou die verantwoordelikheid.Tydens vanmiddag se oefening het hy aan George Herald gesê hy sien uit na die nuwe uitdaging.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’