Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die DA het vanoggend verras met die bekendstelling van hul kandidaat vir wyk 8, Bazil Petrus, vir die komende tussenverkiesings op 11 November.
Petrus is 'n bekende politikus in George wat deur die jare by verskillende politieke partye verbind was.
Hy was onder meer al George-burgemeester (2004 - 2008) onder 'n DA-beheerde raad en meer onlangs, die leier van die politieke party Sac, met tans een setel in die George-raad.
DA kiesafdelingshoof Geordin Hill-Lewis en die party se streeksekretaris en Wes-kaapse minister van menslike nedersettings, Tertuis Simmers, het beide met lof oor Petrus gepraat tydens die bekenstelling.
Hulle het hul volle vertroue in sy vermoeëns verwoord en hom by sy "blou-familie" verwelkom.
Petrus het gesê hy wil graag 'n brugbouer wees, om brûe te bou wat 'n geleentheid van hoop vir die nageslag bied. "Ek is baie lief vir my dorp. Ek is hier om my volle bydrae aan die party te gee," het hy gesê.
Petrus en Hill-Lewis het bevestig dat aansoek reeds gedoen is by die OVK vir die de-registrasie van Sac.
Kyk 'n video hieronder.
Tertuis Simmers (links) en Geordin Hill-Lewis (regs) saam met die DA se kandidate vir die tussenverkiesing op 11 November. Hulle is Brendon Adams (wyk 17, Conville), Bazil Petrus (wyk 8, Parkdene), Braam America (wyk 27, Pacaltsdorp) en past. Melvin Roelfse (wyk 14, Rosedale en Pacaltsdorp).
Bazil Petrus kry het hartlike drukkie van Tertuis Simmers onder applous van die skare en Geordin Hill-Lewis (regs).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'