GEORGE NUUS - Inwoners van wyk 20 in Borcherds kon op Donderdag 14 Junie, by YFC Kidstop-saal vir deernishulp aansoek doen.
Volgens, wyksraadslid, Mercia Draghoender, het die 2011 sensusstatistieke bewys dat wyk 20 een van die armste wyke in die Suid-Kaap is. Draghoender sê sy neem die dienste na die gemeenskap, want baie persone kan nie taxi- of busgeld bekostig nie.
Draghoender sê teen 11:00 het minstens 200 mense deur die aansoekproses gegaan. Die proses het sowat vyf minute geduur. Aansoekers moes hulle ID, salarisstrokie, drie maande bankstate, munisipale rekening en koopkragstrokie byderhand hê. Deernis- hulp hou die volgende voordele in vir gekeurde aansoekers, ses kiloliter water, 70 eenhede elektrisiteit, gratis riool en vullisverwydering dienste en lekkasies word herstel.
Warm koffie en tee was aan elke aansoeker bedien. Volgens Draghoender was die meerderheid aansoekers ouer persone.
Om te kwalifiseer vir deernishulp moet persone aan die volgende vereistes voldoen, man en vrou moet saam nie meer as R4 000 per maand verdien nie, moet 'n geregistreerde eienaar of bewoner wees en mag nie meer as een eiendom besit nie.
Johanna Vryburg sê die goedkeuring van haar aansoek sal vir haar baie voordelig wees.
Die rolspelers wat die registrasieproses vir deernishulp behartig het, Carol Nomdoe (menslike nedersettings - waterlekasies), Patrick Moolman (wykskomiteelid), Mercia Draghoender (wyksraadslid), Hannes Munro en Aurelia Mcanjana (deernis finansiële kredietbeheer). Agter: ao. Mike Kritzinger (Conville-polisie). Foto's: Brümilda Swartbooi
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'