TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Prang ww., het geprang; byv. prangende, prangend, geprangde, geprang. (verhewe)
1. Druk of knel: My skoene prang my. Sy het haar hande krampagtig teen haar bors geprang.
¦ Ook fig.: Volgens sy eie verklaring het hy die gruwelikheid lankal geweet, maar hy het die ding blykbaar aan sy boesem geprang om dit daar uit te haal net as hy nie sy eie sin kan kry nie (Vaderland, 3 Jul. 1934 — hoofart.).
2. Kwel of pla: 'n Prangende dors, honger. 'n Geprangde gemoedstemming. ≈ Ek word geprang deur die begeerte om by u aan te sluit (K. Myburgh: Skip, 1972, 8). Rykdom skep vrye tyd, en vrye tyd skyn 'n lewensvoorwaarde vir skeppingswerk van die hoogste orde te wees — soos elders ook prangende nood sweetdruppels ontpers in die gestalte van die suiwerste pêrels (J. Kruger: Beelde, 1953, 80).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'