TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
pilaarheilige s.nw., pilaarheiliges.
1 (histories) Enigeen van verskeie mense wat ’n gedeelte van hul lewens in boetedoening of ter wille van geestelike verdieping bo-op ’n pilaar deurgebring het; sin. stiliet (minder gebruiklik): Hy (Simeon) is ’n pilaar-heilige ... wat, ten einde bewonder en hoog-geag te word, ... vir ses-en-dertig jaar op sy pilaar ... gewoon het (R. Pretorius in Standpunte, Des. 1979, 20). Simeon ... het talle volgelinge gekry — die sogenaamde pilaarheiliges — en pelgrims het in hul menigtes na sy ... predikasies gaan luister (Die Burger, 10 Nov. 1960, 2).
2 Iem. met ’n oordrewe, selfs verwronge strewe na heiligheid.
Vgl. skynheilige
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'