Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Maalgate-brug is vanoggend amptelik geopen deur Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers.
Die brug is onder meer verbreed - hierdie is baie goeie nuus vir die boerdery gemeenskappe en fietsryers wat die pad gereeld gebruik.
Hierdie R55-miljoen projek is na etlike jare deur 'n derde kontrakteur, Empa Structures, voltooi, nadat die vorige kontrakteurs nie daarin kon slaag om klaar te bou nie.
SNA is die raadgewende ingenieurs vir die projek.
Behalwe die gemak van die voltooide brug is altesaam 120 werksgeleenthede deur die projek geskep.
'n Boer van die omgewing, André Barnard, het tydens die geleentheid alle rolspelers bedank vir hul harde werk.
Delegasie van George-munisipaliteit en Wes-Kaapse departement van infrastruktuur, by die amptelike opening.
'n Mooi gesig: Maalgate-brug na voltooing.
André Barnard (regs) bedank die rolspelers. Foto's: Michelle Pienaar
VIDEO: Michelle Pienaar
">VIDEO: Die Maalgate-brug is vanoggend amptelik geopen deur Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers. pic.twitter.com/S95zNHQ5Bh
— Group Editors (@group_editors) October 24, 2025
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’