TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Opsitkers s.nw. (histories) Kers wat gebruik word wanneer ’n paartjie opsit, gew. deur die ouers v.d. meisie opgesteek en laat brand sodat die kêrel, wanneer die kers opgebrand is, weet dit is tyd om te vertrek: Jy en Pieter wil seker nog ’n bietjie met die nooiens gesels. Onthou net om ’n bietjie sout op die opsitkers te gooi (H.J. Vermaas:Trots, s.j., 37). Die opsittery (kon) begin. Die eerste waarna die kêrel sou kyk, was die lengte van die opsitkers: hoe langer, hoe gunstiger vir hom (Hudson – V.d. Merwe in P.W.Grobbelaar, e.a.: Boerewysheid, 1977, 196).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’