GEORGE NUUS - Bosreuke na die reën is seker een van die aangenaamste ervarings van die winter. Trek 'n warm baadjie aan en herontdek jou eie omgewing.
Die Tuinroete Botaniese Tuin bied 'n heerlike ervaring vir diegene wat hou van die natuur in beheerde omstandighede, met meer ongetemde ruigtes in die voetpaadjies aan die buiterand van die tuin vir woelwaters en "wildlings" wat op 'n ontdekkingsreis wil gaan.
Ontgin geheime bospaadjies aan die soom van die botaniese tuin.
Tuinroete Botaniese Tuin is 'n heerlike speelplek vir woelige seuns en hulle viervoetige vriende na 'n welkome reënbui. Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'