TUINROETE NUUS - Die eienaar van 'n spogring wat in 'n verdagte se besit gevind is wat die ring aan 'n plaaslike juwelier probeer verkoop het, is steeds soek.
Die Mosselbaai-polisie het die man, wat die ring probeer verkoop het, in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Die omstandighede van die ring se verdwyning is steeds 'n raaisel en niemand weet waar of wanneer die ring gesteel is of aan wie dit behoort nie.
Polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp, sê slegs een persoon het intussen na vore gekom om die ring te eis, maar na 'n ondersoek het die polisie bevestig dat die ring wat dié persoon vermis, nie die spogring is nie.
Die regmatige eienaar word versoek om kapt. Jackie Grundlingh te kontak by 082 778 7304.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’