Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Wesso's, gospeltrio van George, stel vanaand hulle heel eerste album bekend by die Restoration Fellowship Garden Route in George. Dis getiteld 'Move of God'.
Die trio, Shu-Shane, Lee-Roy en Emmanuel, het self nege van die liedjies op die album in 'n rekordtyd van twee weke geskryf.
"Ons kon dit nie self gedoen het nie. Ons gee aan God al die eer," het Lee-Roy, die jongste lid van die groep in 'n onderhoud met George Herald gesê.
Die album bevat vyf Afrikaanse en vyf Engelse liedjies.
Hul enkelsnit, 'Corona' wat vroeër vanjaar bekend gestel is, is geskryf deur die groep se musiekvervaardiger, Jumario Thysse.
Die drie sê hul album is 'n wonderlike hoogtepunt nadat hulle twee jaar gelede vierde geëindig het in Emo Adams se televisiekompetisie, Maak My Famous.
Video: Wesso's stel eerste album vry
Megan Tee, Joshlyn Smart, Quinton Mellville, Raquel Smart, Chanique Smart en Lucinda Matroos (van links) is onder die gaste by die bekendstelling. Foto: Alida de Beer
Die Wesso's maak stemme warm vir die bekendstelling van hul debuutalbum vanaand. Foto: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'