Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die organisasie StreetSmart, wat reeds sedert Junie 2005 op die been is, maak dit hul missie om organisasies en programme te finansier wat kinders help wat op straat beland. Die geld word dan gebruik vir hul onderrig, opleiding en hereniging met hul families.
Hier in George is daardie organisasie Kidstop. Verlede Woensdag, 27 November, was die voorsitter van StreetSmart Suid-Afrika, Melanie Burke, in George om geld wat gedurende die jaar ingesamel is, aan die direkteur van Kidstop te oorhandig.
Jonathan Gelderbloem en een van hul gemeenskapswerkers, Roderick Roman, was daar om die tjek van R15 000 te ontvang.
StreetSmart Suid-Afrika het onder andere verskeie restaurante en gastehuise wat aansluit of vennote raak, en so dan geld insamel vir organisasies in hul eie gemeenskappe wat kwesbare kinders op straat en in ongelukke en soms onveilige huise help.
"Wat dit so uniek maak, is dat die geld wat ingesamel word, net in daardie dorp of stad gebruik word." Burke sê mense wat in StreetSmart restaurante eet en in gastehuise woon, skenk vrywillig 'n R5 deur dit by hul rekening te voeg. Mense is altyd welkom om meer te gee, maar hulle vra net R5.
Kyk 'n video hieronder:
Michael en Sandra Cook van die Malvern Manor-gastehuis in Blanco, Anje Britz van 101 Meade, Melanie Burke en Nelleke Elston van Whispering Oaks-gastehuis. Die Cooks, Britz en Elston is almal tussen twee en vyf jaar deel van StreetSmart.
Die afgelope jaar se donasies het net meer as R1 miljoen ingesamel, het Burke met trots gesê. Die donasies in aan 35 organisasies geskenk, waarvan Kidstop een is. Sy verduidelik dat restaurante en gastehuise en enige ander besigheid, by hulle kan aansluit of hul dienste vrywillig aanbied.
"Ons het al selfs mense gehad wat fondsinsamelings gehou het vir hul verjaarsdae en dan die geld aan ons geskenk het."
Burke het die restaurant, 101 Meade waar die funksie gehou is, asook die vyf ander besighede, Lauren's, Malvern Manor Guesthouse, Fat Fish, Marshmallow Café en Whispering Oaks Guesthouse, bedank. Hulle is almal deel van StreetSmart. Sy daag ander besighede in George uit om ook slim te wees en deel te word van StreetSmart Suid-Afrika.
Besoek hulle by www.streetsmartsa.org.za.
Melanie Burke oorhandig 'n sertifikaat aan Nelleke Elston van Whispering Oaks-gastehuis in George. Elston se gastehuis is reeds bietjie meer as 'n jaar deel van StreetSmart.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'