GEORGE NUUS - Sprokiesagtige modeskeppings maak deel uit van Wear Art ‘n hoërskoolproduksie wat onder die tema Building a Story op Donderdag 19 en Saterdag 21 April aangebied word by Hoërskool Outeniqua se Creáresaal.
Sprokies, fabels, gedigte, liedjies en filmverhale is gebruik as inspirasie vir die vertoning.
Twee vertonings, 18:00 en 19:30 word op 19 April in die Creáresaal van Outeniqua gehou.
Kaartjies is te koop by die skool se kassiere teen R50 vir volwassenes en R30 vir kinders.
‘n Spogtee (high tea) gaan ook deur dié skool se ontwerpdepartement op Saterdag 21 April in hul Creáresaal aangebied word. Tydens die geleentheid vertoon die senior leerders van die department hul heel beste werk.
Heerlike delikate eetgoed, vonkelwyn en borrelsap gaan bedien word terwyl modelle hul pragtige werk vertoon.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'