GEORGE NUUS - Die warm weer verlede naweek het inwoners na ons strande laat stroom en by Victoriabaai het dinge ook nie veel anders gelyk nie. Laat Saterdagmiddag, 11 Februarie, was daar nog geen sprake van huis toe gaan vir baaiers by hierdie gewilde strand nie.
As 'n mens nie van beter geweet het nie, sou jy dalk kon dink ons is nog in die middel van ons feestyd hier in die Suid-Kaap.
Maar, die vakansieseisoen het amptelik op 31 Januarie tot 'n einde geloop.
Plaaslike inwoners het nou 'n gulde geleentheid om hul strand terug te eien en die branders by hul gunsteling strand te geniet.
Baaiers geniet hul see-uitstappie by Victoriabaai verlede Saterdag, 11 Februarie.
'n Besoeker geniet sy Turkse waterpyp op die soom van die pad.
Om elke oggend so wakker te word...
Lewensredders in 'n ligte luim. Van links is die spanleier, DK Stadler (21), en twee Kwaggas, Andrew (18) en sy suster Talita McDonald (16). Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'