Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Gerard Haupt, hoof van Olympia Vaardigheidskool, oorhandig ’n skooldas aan Brian Schreuder die hoof van die Wes-Kaapse departement van onderwys om dankie te sê vir sy besoek aan die skool.
Schreuder het vanoggend 'n besoek by die skool afgelê as deel van sy visie vir skole, "Transform to perform", waar kinders sekere waardes geleer word.
"Die kind gaan een woord per maand kry, 'n waarde soos verantwoordelikheid, wat hy/sy dan moet uitleef."
Volgens Haupt is Schreuder in George as deel van die opening van die nuwe distrikskantoor.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'