Tydens die vergadering is die verskillende wykskomitees die geleentheid gegun om oor aangeleenthede te praat waaraan elke wyk spesifiek ‘n behoefte het. Verskillende griewe is geopper, wat wissel van verbrokkelende padoppervlaktes, behuisingsprobleme en ‘n tekort aan openbare sportgeriewe.
Ongeveer 60 mense het vir die beraad opgedaag, terwyl daar reg gemaak is vir oor die 140 mense. Verskeie lede van die uitvoerende burgemeesterskomitee was teenwoordig.
ANC-raadslid en voorsitter vir wyk 13, Charlie Williams, is van mening dat die hele neiging om berade hierdie tyd van die jaar te hou suiwer speel om politieke populariteit. Hy reken dit is heeltemal "te laat in die dag om nou met sulke dinge te begin".
"Die DA gebruik geld vir hul eie gewin. Ons het dit duidelik aan die speaker gestel hoe ons voel oor die aangeleentheid. As die DA omgegee het, het hulle al lankal so ‘n beraad gereël - nie drie maande voor die verkiesing nie."
Op sy beurt was Adriaan Kruger, DA-raadslid en voorsitter vir wyk 4, heeltemal onbewus van die vergadering. "Ons kry sulke sms’e wat nie altyd verduidelik waar-oor iets gaan nie. Die eerste wat ek van die beraad gehoor het was 13:00 daardie middag, toe die funksie al amper verby is."
In sy kommentaar sê speaker Daniël Maritz dat die geleentheid self baie vrae by hom laat ontstaan.
"Raadslede word betaal vir wat hulle doen. Die wyksraadslid is inderdaad die voorsitter en behoort die gemeenskap se belange op die hart te dra. Gee hulle werklik om?
"Ons het lank voor die tyd datums aan die voorsitters bekend gemaak. Dit is nie moontlik om so ‘n beraad vroeër te hou nie, want dit gaan oor die terugvoering aan die einde van ‘n termyn.
"Sommige van die wyksraadslede voel bedreig deur hul wykskomiteelede wat aangedui het dat hulle volgende jaar vir die verkiesing wil staan. Daar is van hulle wat veel meer verrig as die raadslede. Maar, as jy bedreig voel, beteken dit tog jy doen nie jou werk nie.
"Die gemeenskap moet mooi dink vir wie hulle volgende jaar stem."
Sake op die hart
‘n Wykskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid (wyk 7, Lawaaikamp), Kholisile Khumalo, berig dat die belangrikste ding vir sy area ‘n gebrek aan beligting is.
"Die strate in die plakkerskamp is baie donker, ons het voldoende lig nodig. Ons is belastingbetalers en dit is heeltemal onregverdig dat ons risiko’s moet loop net omdat daar nie lig is nie.
"Kinders word gereëld omgery en oumense word beroof. Dit sal baie help as daar net ‘n paar spreiligte in die area kan wees wat die misdaad meer beheerbaar sal maak."
Philip Botha, ‘n wykskomiteelid van Loeriepark, sê weer dat die beraad help om grense tussen ryk en arm te verskuif.
"Dit gaan hier oor die groter George. Die byeenkoms is die ideale geleentheid om samewerking en kommunikasie tussen die mense en die munisipaliteit te bewerkstellig, asook tussen mense oor die dorp heen.
"Ek kom uit ‘n sogenaamde rykmansbuurt. Ek het geen idee watter tipe probleme die ou langs my, wat in ‘n plakkerkamp bly, ondervind nie. Die beraad maak alles oop - dit skuif die grense."
At the Ward Committee Summit last week not one ward councillor pitched for the meeting. The summit was held at Conville Community Centre and attended by just over 60 people.
The ANC councillor Charlie Williams claims that holding ward summits this time of the year is a definite ploy by the DA to gain political popularity. They refused to attend the summit. Interestingly enough there were not any DA ward councillors present either.
.jpg)
Die tafel is gedek vir die raadslede, maar niemand het opgedaag nie.
ARTIKEL EN FOTO'S: MICHELLE PIENAAR