GEORGE NUUS - Lede van die George Vryburgers het onlangs bloed geskenk ter ondersteuning van die Wes-Kaapse Bloeddiens se Bloedgroep-kampioenskap in Maart.
Die doel van die Bloeddiens se kampioenskap is om 1 000 nuwe skenkers te werf.
"Elke lid wat bloed geskenk het, help drie ander mense," sê Marius Venter, stuurman van die George Vryburgers.
Hy het ander diensorganisasies in George uitgedaag om deel te neem aan die kampioenskap.
"Ons wil baie dankie sê aan die Wes-Kaapse Bloeddiens vir hul gasvryheid en goeie diens," het hy gesê.
Vryburgers wat bloed geskenk het, van links: Marius Venter (stuurman), Rozelle de Bruyn (skenker), Casper de Waal (fiskaal) en Cobus Carstens (gewone lid).
Liezl en Marius Venter voeg die daad by die woord.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'