GEORGE NUUS - Die polisie het bevestig dat 'n vrou gesterf het in 'n ongeluk op die R102 (lughawepad) vanaand voor 18:00.
Volgens Kaptein Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, was die oorledene 'n passasier op 'n motorfiets.
"Die bestuurder van die motorfiets is na die hospitaal vervoer met ernstige beserings," het hy gesê.
"Die motorfiets het van agteraf in 'n voertuig vasgery. 'n Vrou wat 'n passasier op die motorfiets was, is op die toneel dood verklaar.
"'n Saak van strafbare manslag is vir ondersoek geopen."
Beide die motor en die motorfiets het in die rigting na George gery.
Die motorfiets het van agteraf in 'n voertuig vasgery.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'