GEORGE NUUSFLITS - 'n Vrou is Sondagaand, 10 September, omstreeks 20:30 in haar oprit voor haar huis, in Delvillepark aangeval en beroof.
Terwyl sy na die voordeur van die huis gestap het, het 'n onbekende verdagte die vrou se handsak gegryp.
'n Stoeiery het ontstaan en haar handsak se band het gebreek waarna sy op die grond geval het.
Die verdagte het met die handsak, waarin daar twee selfone ('n Huawei P9 en 'n Blackberry Z3) asook persoonlike dokumente was, weggehardloop.
Indien enigiemand inligting oor die voorval het, moet hulle asseblief vir ao. Van Schalkwyk by 044 803 9130/34 skakel.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'