GEORGE NUUS - Twee mense is beseer in 'n botsing tussen twee voertuie gisteraand, 10 Februarie omstreeks 20:40 op die N2 Pacaltsdorp-brug.
Albei die beseerdes, 'n man en vrou van Parkdene, was in die rooi Chico Golf.
Die vrou, 'n passasier, is uit die Golf geslinger en is met ernstige beserings na die hospitaal vervoer. Niemand is in die ander voertuig, 'n Kia Rio, beseer nie.
Volgens die polisie het die Golf uit die rigting van Pacaltsdorp gery en afgeswaai in die rigting na Thembalethu en die Kia het uit die dorp na Pacaltsdorp gery toe die voertuie in die kruising bots.
'n Saak van roekeloos en nalatige bestuur word ondersoek.
Geen verdere besonderhede oor die beseerdes se toestand is bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'