TUINROETE NUUS - 'n Vrou is met ernstige hoof- en inwendige beserings per helikopter George toe geneem na 'n botsing tussen George en Oudtshoorn vanmiddag, 3 Januarie.
Nog ses mense waaronder 'n kind, is beseer toe die agterband van 'n Toyota Avanza gebars en die voertuig gerol het.
Die bestuurder is nie beseer nie, maar was getraumatiseer na die botsing.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'