GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-polisie het 'n moorddossier geopen ná 'n vrou Sondagoggend, 3 November, omstreeks 02:30 in Adamstraat, Rosedale, doodgesteek is.
Volgens Pacaltsdorp-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Simone Jansen, is die 36-jarige slagoffer met 'n mes in haar nek gesteek na daar blykbaar 'n stryery tussen haar en 'n ander vrou (29), ontstaan het.
Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en was geskeduleer om Maandag 4 November in die George-landdroshof te verskyn.
Die saak was egter nie op die hofrol nie. Die ondersoek duur voort en die saak kan moontlik later hervat word.
* Gerugte van 'n voorval waarin 'n ma en haar tweejarige kind vermoedelik ook in 'n mesaanval in Andersonville betrokke was, kon nie deur die polisie bevestig word nie.
"Ons het geen rekords van so 'n voorval nie," sê Jansen.
Indien enigiemand inligting rondom so 'n voorval kan verskaf, kontak Jansen by 044 803 9110 of 044 803 9111.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'