Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar was groot vreugde laat Vrydagmiddag, 22 Desember in Crowleystraat, Blanco, toe kinders en inwoners kospakkies ontvang het in die gees van die feestyd.
Van die inwoners het ook klere in plaas van Kersfeesgeskenke ontvang.
Dit was alles te danke aan die werk van Bethel, 'n sopkombuis en gemeenskaps-uitreikaksie. Die stigter en dryfkrag daarvan Lizzy Matthews het opgewonde daarvan vertel.
Sy en 'n span vrywilligers help gewoonlik twee keer per week met die saamstel van kospakkies. Hulle help uit hul eie sakke en ontvang ook bydraes van weldoeners. Daar is besluit om in die gees van Kersfees kospakkies en nagereg uit te deel.
FOTOGALERY - Bethel reik uit na Blanco vir kersfees
Van die kinders het van na 16:00 nadergestaan.
Te oordeel na die glimlagte en die dankbaarheid op hul gesigte was die kospakkies heerlike bederf hier kort voor Kersfees.
VIDEO - Lizzy Matthews gesels oor Bethel se gemeenskapswerk:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’