Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die vriendelike gesigte van inwoners en leerders van Up with Downs George het 'n groep motorfietsryers vanoggend in Blanco begroet.
Die groep, Steelwings Garden Route Harley Davidson club, het kort voor 10:00 by die Up with Downs in George opgedaag.
Die kenmerkende klank van Harley Davidson motorfietse het vir groot opgewondenheid gesorg.
FOTOGALERY: Up with Downs George die motorfietsryers
Die motorfietsryers is aan inwoners bekend gestel en toe op 'n begeleide toer van die persele geneem.
Daarna het Roelof Bake, president van die Steelwings Garden Route namens die klub 'n tjek van R20000 aan Brenda Boshoff van Up with Downs oorhandig.
Sy het gesê die geld sal help om die skool beter en veiliger te maak. Daarna was dit tyd vir pret.
Die inwoners en kinders wat wou is deur van die motorfietsryers op pretritte in die omgewing geneem.Eers moes hulle valhelms aantrek.Hul vriendelike gesigsuitdrukkings het alles vertel.
Dit het vir groot vreugde gesorg.
VIDEO: Groot opgewondenheid oor motorfietsritte by Up with Downs George
VIDEO: Tyd vir pret by Up with Downs George
VIDEO: Roelof Baker speaks about donation
Foto's en video's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'