MOSSEL BAAI NUUSFLITS - Die N2 tussen Mosselbaai en Albertinia is na wat verneem word vir verkeer gesluit.
Dit blyk 'n vragmotor met 'n sleepwa wat hout vervoer het, het omgeslaan en versper beide bane.
Die hout is oor die ryvlakke gestrooi. Volgens ooggetuies is nooddienswerkers op die toneel, maar kan dit 'n hele tydjie neem om die ongelukstoneel op te klaar.
Motoriste word gemaan om versigtig te wees.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'