GEORGE NUUS - Groot opgewondenheid het Saterdag 15 Oktober geheers toe 40 lede van George Voortrekkers deelgeneem het aan CQ Hou Koers.
Dis 'n geleentheid wat nasionaal aangebied word en Voortrekkers het om 08:30 by die Voortrekkersaal in George bymekaargekom.
Die radio-amateurklub het hulle touwys gemaak. CQ Hou Koers is 'n jaarlikse geleentheid waar Voortrekkers die geleent-
heid kry om per radio met ander Voories vanoor Suid-Afrika en Namibië te gesels. Dit is ook 'n geleentheid om vaardighede te oefen wat vereis word vir Verkenner-kentekens.
Elke kommando, oord of kamp neem op hul eie regoor die land deel. Daar word landwyd radiostasies van verskillende terreine bedryf. Buiten dat 'n radio 'n baie nuttige hulpmiddel is vir kampe en groot Voortrekkergeleenthede, leen dit hom uitstekend tot noodkommunikasie.
Tydens Saterdag se geleentheid is daar met Voortrekkers in die Kaap en Mosselbaai gepraat. Anna Herbst van George Voortrekkers het gesê dat hulle dit baie geniet het. Dit was vir baie 'n eerste keer wat hulle oor 'n radio gesels het.
Op die vraag waaroor daar gepraat is, het sy gesê die kinders het mekaar beter leer ken en gesels oor wat van Voortrekkers vir hulle die lekkerste is.
Die hoofleier van die Voortrekkers, dr. Danie Langner, het sy boodskap oor die radio met die kinders gedeel. Hy het genoem dat CQ Hou Koers op 14 Oktober 1967 ontstaan het.
Dus vier die Voortrekkers 55 jaar van hierdie kosbare tradisie.
Die George Voortrekkers wat aan Saterdag se geleentheid deelgeneem het.LINKS: 'n Lid van George se Voortrekkers by Saterdag se CQ Hou Koers geleentheid.
Hy het die Voortrekkers bedank wat hierdie tradisie laat voortbestaan. CQ Hou koers is vir Voortrekkers belangrik omdat kommunikasie in 'n klein span of kommando deel is van die groter geheel. Dit is deel van 'n beweging wat strek van Namibië tot Kaapstad, Richardsbaai tot Upington.
Dis 'n groot beweging van 13 000 lede wat 'n groot taak het en dit is om die Afrikaanse taal, kultuur, tradisies en erfenis te bewaar en te versorg vir die volgende nageslag. Kommunikasie help om hierdie taak te verwesenlik.
Lede van George se Voortrekkers word deur 'n lid van die radio-amateurklub van George touwys gemaak.
Lede van George se Voortrekkers word deur 'n lid van die radio-amateurklub van George touwys gemaak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'