GEORGE NUUS - Die Vriende van die Tolhuis het vanjaar met die Voortrekkers van Laerskool Blanco kragte saamgesnoer om die bakens op die ou Voortrekkerpas, die Cradockroete oor die Outeniquaberge te verf.
Drie historiese bakens, wat vir baie jare nie geverf is, is vanjaar ook oopgemaak en geverf.
Die taak om 33 bakens wat tot dusver opgespoor is te verf, was aansienlik groter as aanvanklik gedink is.
Die koördinasie van die projek is aangepak deur 'n lid van die Vriende van die Tolhuis, Ken Gie.
Hierdie bakens lê sowat 700 m van die tolhuis aan die duskant van die vurk in die pad by die Keur- en Malgasriviere en dit is hier waar die eerste waens in 1812 die baie gevaarlike Cradockpas begin het.
Om die bakenverfprojek klaar te maak word fikse stappers wat bereid is om op Saterdae te werk benodig.
Hul word gevra om vir Ken Gie te skakel by 083 631 9648 (vrywilligers moet baie rats en vas op hulle voete wees omdat die pas oor die Outeniquaberge waar die bakens is baie skuins is.)
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'