Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Daar was vanoggend 14 Desember groot opgewondenheid by Laerskool George-Suid, toe een van Suid-Afrika se voorste netbalspelers, Lenize Potgieter, ‘n draai by die skool gemaak het.
Sy het tyd afgeknyp om spelers van die skool en die netbalafrigters in die fynere kunsies van die spel touwys te maak. Netbal is ‘n baie gewilde sport by die skool.
Potgieter het al 85 keer Suid-Afrika se nasionale span, die Proteas, verteenwoordig. Alle aanduidings is dat sy aanstaande jaar een van Suid-Afrika se sleutelspelers gaan wees wanneer die netbal wêreldbeker in Kaapstad aangebied word. Dit vind van 28 Julie tot 6 Augustus 2023 plaas.
Sas du Plessis, die skoolhoof, het gesê hulle wil seker maak dat die kinders van ‘n jong ouderdom reeds die regte metodes aanleer. Dis ‘n groot voorreg vir die skool om sportlui van die kaliber by die skool te kan ontvang.
Potgieter is ‘n doelskieter en is regtig opgewonde om die kliniek hier te aanbied.
Die aanbied van die wêreldbeker beteken baie vir sport in Suid-Afrika en die kontinent. Volgens haar het Suid-Afrika verseker ‘n kans om aanstaande jaar die beker te wen.
VIDEO: Kyk wie is by George-Suid
VIDEO: Hoof oor sportster by skool
Lenize Potgieter besig met die afrigtingskliniek by Laerskool George-Suid. Foto: Anke Kapp
Van die afrigters hou Lenize Potgieter dop terwyl sy die afrigtingskliniek aanbied.
Lenize Potgieter beduie hoe werk die fynere kunsies van netbal.
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'