KANNALAND NUUS - 'n Spesiale raadsvergadering, wat gister by die Kannaland-munisipaliteit sou plaasvind om die dorp onder volle administrasie te plaas, is 'n uur voor dit moes begin tot verdere kennisgewing uitgestel.
Inwoners van Kannaland het Woensdag 'n brief wat deur die uitvoerende burgemeester, Magdalena Barry, onderteken is ontvang waarin sy verklaar dat sy aangevra het om die dorp onder volle administrasie te plaas. Die brief is ook op 'n plaaslike Facebook-groep geplaas.
Volgens die brief het Kannaland-munisipaliteit vir die "afgelope 12 tot 13 jaar finansiële probleme ondervind en is die munisipaliteit reeds twee keer onder administrasie geplaas".
In Desember 2016 is die dorp deur minister Anton Bredell, onder gedeeltelike administrasie geplaas en die munisipaliteit het toe ook 'n finansiële herstelplan ingevolge die intervensie aanvaar.
"Die skaal van wanbestuur, bedrog en korrupsie wat die vorige administrasie gekenmerk het, het ons verplig om gedurende 2016 'n volledige forensiese ondersoek aan te vra," lui Barry se brief.
Volgens haar het dit uit dié ondersoek geblyk dat finansiële wanbestuur van R15 miljoen gepleeg is en kriminele klagtes is gelê.
Lees meer op susterskoerant, Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'