GEORGE NUUS - Volkspelers (Afrikaanse volksdansers) van George en ander dorpe hou op Saterdag 18 Februarie vanaf 08:00 tot ongeveer 20:00 hul jaarlikse ‘Deurdruk’ in die Voortrekkersaal.
Die doel is om die 150 volkspele wat in die volkspelehandleiding verskyn, almal te speel.
Die Volkspelers van Suid-Afrika beskik oor ‘n besondere handleiding waarin al die spele volledig beskryf word met die melodie, begeleiding, teks en passies wat in elke musiekmaat gebruik word.
Hierdie spele is oor 'n tydperk van 'n honderd jaar opgeteken, nagevors, bygewerk en beskryf en in die bundel Ons Volkspele-erfenis gedruk. Dit word deur alle volkspelelaers en kursusse in die land gebruik.
Die Volkspelers is met reg trots en dankbaar vir hierdie bundel, en gaan met die ‘Deurdruk’ hul spel/danse weer opskerp en hulde bring aan die navorsers en opstellers van die boek deur die jare.
Belangstellendes word uitgenooi om Saterdag by die Voortrekkersaal te kom inloer.
Vir navrae kontak Isabel by 082 374 6777of Karen by 044 874 4904.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'