GEORGE NUUS - Die 89ste sirkelkonferensie van die Vroue-landbouvereniging (VLV) SWD op Woensdag 1 Maart in George het ongeveer 80 vroue vanoor die Tuinroete-distrik hierheen getrek.
George en Blanco se takke het die geleentheid by die Gereformeerde Kerk aangebied. Hul tema was 'Die uitdaging van verandering'.
Die sameroeper van die geleentheid, Sanette Louw, en ander lede het gesorg vir 'n program vol interessante sprekers waaronder Heinrich Terblanche, eertydse Arende-rugbyspeler, Life Community Services se uitvoerende hoof, Maryna de Vries, Gerda Stols, bestuurder van die Tolhuis en VLV Kaapland se president, Estelle du Plessis.
Dit was 'n genotvolle dag waartydens daar ook tyd was vir die beoordeling van lede se handwerk en gebak.
Die SWD-bestuur van die Vroue-landbouvereniging, agter, van links: Valeria Terblanche (opvoeding en kultuur), Carol Cott (tesourier), Helene Swaneppoel (gesondheid), Sanet Louw (openbare sake), Trienie Barnard (kuns en handwerk) en Sandra Nolte (sekretaris). Voor: Christine Coetzee (leefstyl), Elize Lock (SWD-sirkelpresident) en Lydie Terblanche (landbou). Foto: Alida de Beer
Handwerk, gebak en ingelegde produkte van hoë gehalte is ingeskryf vir beoordeling.
Gerda Marais (links) en Rensia Thompson, albei van Stilbaai, bewonder die handwerkitems.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'