GEORGE NUUS - "Die Here het my nog nodig hier op die aarde, dus het hy my nog vir 90 jaar gespaar," sê ouma Aletta Saayman van Pacaltsdorp.
Aletta het op 18 Januarie haar 90ste verjaarsdag gevier. Sy was net by die huis, vertel haar kleindogter, Letitia Moos, omdat hulle liewer veilig wou wees weens Covid-19. Moos sê hulle sou Maandag vinnig 'n draai maak om haar geluk te wens, omdat hulle nie te veel mense op een slag daar wil hê nie.
Tannie Let, soos sy bekend is, het sewe seuns (2 oorlede) en een dogter. Sy is ook geseënd met 12 kleinkinders (1 oorlede) en sewe agterkleinkinders.
Sy doen daagliks naald- en borduurwerk, en lees graag geestelike boeke.
Sy is ook 'n aktiewe lid van die St. Albans Kerk se Anglican Womens Fellowship en die "Sharing and caring" liefdadigheidsgroepie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'