GEORGE NUUS - Verskeie gevaarlike en onwettige wapens is die afgelope drie weke in George-Suid gekonfiskeer.
Volgens Aubrey Aspeling, 'n lid van die GPF sub-forum in Sektor 3 (George-Suid) ondervind hulle 'n duidelike toename in verdagtes wat met gevaarlike wapens rondloop.
Hy maan inwoners om op hul hoede te wees wanneer hulle in die area rondbeweeg.
"Ons werk hand aan hand met die polisie in ons area en wil graag ons woongebied veilig hou. Ons waarsku inwoners en vra hulle om asseblief enige misdaad dadelik aan die polisie te rapporteer," sê hy.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'