GEORGE NUUS - Motoriste wat in Nelson Mandela-boulevard ry moet in hul pasoppens wees vir 'n groep kwajongens wat by stilstaande motors probeer inbreek.
Die waarskuwing spruit uit 'n Facebook-plasing deur bekende plaaslike radiopersoonlikheid, Christo Gawie, waarin hy vertel hoe die groep seuns aan voertuie wat by verkeersligte staan se deure voel of dit gesluit is of nie.
Daarna het nog twee lesers George Herald genader met dieselfde versoek om mense te waarsku.
"Motoriste moet asseblief seker maak hul voertuie se deure is te alle tye gesluit," sê Gawie.
Volgens 'n WhatsApp-boodskap wat die rondtes doen, het soortgelyke voorvalle vanoggend, Woensdag 27 Mei, by die verkeerslig by CTM in Knysnaweg plaasgevind waarna die polisie ontbied is om die area te patrolleer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'