TUINROETE NUUS - Charlotte Frans (48), ‘n vrou van Oudtshoorn, het op 20 Mei uit die George-hospitaal vermis geraak na sy glo ‘n operasie ondergaan het.
Volgens ‘n vriendin van haar, Bessica Muller, het Charlotte ‘n rukkie terug begin siek word en is sy van Oudtshoorn-hospitaal na George-hospitaal oorgeplaas.
“Haar ma het gesê sy het glo bloeding op die brein en hulle het haar in George geopereer. Sy was in ICU en haar ma was by haar. Haar ma het gesê sy het aan die slaap geraak en toe sy wakker word was Charlotte weg.”
Volgens Muller is daar aan die familie gewys dat Charlotte uit die hospitaal uit geloop het. Sy is sedertdien nog nie opgespoor nie.
Die voorval is by die George- en Oudtshoorn-polisie aangemeld. Die Oudtshoorn Courant het ook ‘n navraag aan die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement gestuur.
Indien enigiemand weet waar Charlotte haar bevind kan hulle Muller by 084 254 7138 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'