Update
TUINROETE NUUS - Twee werknemers van Cape Nature het gister, op Maandag, 21 Junie op die voertuig wat aan die vermiste Julius Verhoog (68) behoort, afgekom.
Verhoog, ‘n inwoner van Island View op Mosselbaai, het op 28 Februarie vanjaar vermis geraak en is laas in sy grys Citroen met registrasienommer CBS 52389 gesien en was sedertdien vermis.
Die twee werknemers, Bruney Plaatjies en Richard James het omstreeks 11:00 patrollie by die Robinsonpas op die R328 gedoen, toe hulle die wrak van ‘n voertuig in die kloof sien.
LEES HIER: Nog 'n inwoner van Mosselbaai-omgewing as vermis aangemeld
Dit is ongeveer 42km van Mosselbaai. By nadere ondersoek het hulle vasgestel daar is ‘n liggaam in die voertuig vasgekeer. Plaatjies en James het die polisie ontbied.
Lees meer op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'