Die twee verkeersvoertuie kon daarin slaag om die bestuurder se motor daar vas te druk waarna hy en sy passasier die verkeersbeamptes glo met bierbottels probeer slaan en gegooi het. Nog passasiers het na bewering uit die motor gespring en weggehardloop.
Albei verkeersvoertuie is in die jaagtog beskadig.
Behalwe dat albei mans vermoedelik onder die invloed van drank was, kon die bestuurder nie ‘n bestuurderslisensie toon nie, daar is twee uitstaande lasbriewe op verkeersboetes teen sy naam en die motor het nie 'n nommerplaat gehad nie.
Vrydagaand het ‘n jong man van Pacaltsdorp ook probeer wegjaag van ‘n padblokkade in Courtenaystraat. Verkeersbeamptes en die polisie het die man agternagesit toe hy omdraai nadat hulle hom afgetrek het.
Tydens die jaagtog is nog ‘n verkeers-voertuig beskadig. Beamptes kon die voertuig in Rooirivierrif voorkeer waar die bestuurder uit die motor gespring en in die bosse verdwyn het.
Hy is vroeër die week in hegtenis geneem en word aangekla van roekelose en nalatige bestuur, beskadiging van munisipale eiendom en bestuur sonder ‘n lisensie.
Verskerpte optrede
Die padblokkades vorm deel van die verkeersafdeling se verskerpte optrede in hul opvolg van uitstaande verkeersboetes wat sowat twee weke gelede begin het.
Padblokkades word sedert die afskop van die operasie regoor George gehou en verskeie motoriste is reeds in hegtenis geneem.
Mnr. Donovan Saptoe van die George-verkeersafdeling sê hulle gaan niemand oorsien nie en dat hulle hul optrede met verloop van tyd nog meer gaan verskerp en uitbrei.
"Ons gaan soveel moontlik uitstaande lasbriewe uitvoer en gaan die skuldiges by padblokkades, hul huise en besighede opspoor," het Saptoe gesê.
Die duisende uitstaande lasbriewe beloop glo ‘n hele paar miljoen rand.
Hy het ‘n beroep op motoriste gedoen om die verkeerskantore te kontak of te besoek om reëlings te tref vir die betaling van uitstaande verkeersboetes. Vir meer besonderhede, skakel 044 878 2400.
.jpg)
Twee verkeersmotors moes die swart Opel Kadet in Merrimanstraat vasdruk nadat die bestuurder deur ‘n padblokkade gejaag het. Die bestuurder, wat ook van roekelose en nalatige bestuur aangekla word, het hier aan die verkeerde kant van die pad gery.
ARTIKEL EN FOTO'S: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS