GEORGE NUUS - Die Thembalethu-polisie is steeds op soek na verdagtes ná daar op dwelms met 'n straatwaarde van R2,1 miljoen, beslag gelê is.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het lede van die Outeniqua K9-eenheid Sondag 18 Februarie, by 'n huis in Zone 8 toegeslaan waar hulle die dwelms ontdek het.
Daar was egter geen inwoners op die perseel ten tyde van die operasie nie.
Die polisie het 36 550 Mandrax-tablette, 300 g heroïen en 532 g tik gevind en daarop beslag gelê.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’