GEORGE NUUS - Die verdagte van New Dawn Park, wat vir die moord op sy vrou in aanhouding is, verskyn môre, Dinsdag 9 April, weer in die George-landdroshof ná die saak verlede Vrydag uitgestel is.
Jack Claassen (47), word daarvan verdink dat hy sy vrou, Katie (43), op Saterdag 2 Maart met ‘n betonlatei (lintel) by die paartjie se huis in Sierrissiestraat doodgeslaan het.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die oorledene het 'n oop wond aan die linkerkant van haar kop gehad. Die slag het glo haar onmiddellike dood veroorsaak.
Claassen is in aanhouding. Hy kom môre vir sy borgtogaansoek voor.
Lees vorige artikels hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'