GEORGE NUUS - Tannie Greta Gericke, bekende en geliefde Georgiet, vier vandag haar 99ste verjaarsdag.
Met haar positiewe lewensuitkyk en dinamiese persoonlikheid is dit geen wonder dat sy hierdie mylpaal bereik het nie.
Sy woon steeds in die huis op die plaas wat sy en haar man, Burger, 62 jaar gelede gebou het en waar mense altyd met ope arms ontvang is.
Sy was oor die jare die dryfkrag agter 'n aantal welsynsprojekte en het ook meer as een dorpverfraaiingsprojek van stapel gestuur. Die mees onlangse een het haar die bynaam "Malvatannie van George" besorg.
George Herald berig volgende week volledig oor dié grootse vrou en haar groot verjaarsdag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'