Gallery
GEORGE NUUS - Die plaaslike nie-winsgewende organisasie, God Cares International, het op Donderdag 24 November 'n draai gaan maak in Syferfontein om die aanbreek van 16 Dae van Aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld aan te kondig.
Saam met 'n paar van haar spanlede het Debbie Pijoos, die stigter en besturende direkteur van God Cares, 'n boodskap van hoop aan die vroue en kinders in die omgewing gebring.
In haar boodskap het sy gesê mense moet meer oplettend wees oor wat in hul omgewing aangaan en meer omgee vir mekaar.
As deel van 'n gedenkdiens ter herinnering aan vroue en kinders wat gesterf het aan die hand van geslagsgebaseerde geweld, is 'n ry kerse aangesteek.
Daarna het sowat 50 volwassenes en 30 kinders elk 'n warm bord kos ontvang.
'n Paar van die vroue en kinders wat aan die geleentheid deelgeneem het saam met Debbie Pijoos (derde van regs).
'n Begeesterde Debbie Pijoos spreek die groep aan. Foto's: Kristy Kolberg
Sowat 50 volwassenes en 50 kinders het elkeen 'n bord kos ontvang.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'