GEORGE NUUS - Vandalisering van infrastruktuur het beslis 'n impak op dienste in George. Dit het aan die lig gekom tydens verlede Donderdag, 5 Desember, se maandelikse stadsraadsvergadering toe vrae gevra is oor die reaksietyd om elektrisiteit te herstel.
Athane Scholtz, 'n mediawoordvoerder van die George-munisipaliteit het in antwoord op vrae van die George Herald gesê vandalisme is oor die algemeen 'n probleem vir alle munisipaliteite en departemente.
Die George-munisipaliteit kommunikeer ten minste een keer per maand op sosiale media in hierdie verband. 'n Meer breedvoerige kommunikasieplan, met meer vorme van kommunikasiekanale, word ondersoek, maar sal van beskikbare fondse afhang.
Eskom en ander staatsdepartemente doen ook per geleentheid veldtogte in hierdie verband.
Volgens haar gaan vandalisme gereeld gepaard met die steel van krag, wat ook met kommunikasieveldtogte, deur die munisipaliteite en ander rolspelers, aangespreek word.
"Die munisipaliteit doen 'n beroep op die publiek om te help om sodanige misdaad te bekamp deur dit by Wetstoepassing aan te meld wanneer hulle dit sien gebeur. Dit sal ook baie help indien dit moontlik is om bewyse te kry, soos om foto's met selfone te neem, en hulle bereid sou wees om verklarings af te lê wat in die hof gebruik sou kon word."
Mense wat sulke voorvalle onder die aandag van die munisipaliteit wil bring kan die departement wetstoepassing bel by 044 801 6350 (werksure) of na-ure by 044 801 6300.
Beskadigde elektriese toerusting kan aangemeld word by 044 874 3917 gedurende kantoorure.
After the most recent protests in Thembalethu and Lawaaikamp, George Municipality has confirmed that vandalism to infrastructure definitely affects service delivery. The municipality frequently communicates about this on social media and is working towards putting more communication channels in place. The public is asked to report any such crime as soon as it is noticed on 044 801 6350 (working hours) and 044 801 6300 (after hours), and damage to electrical equipment to 044 874 3917 (working hours).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'